Our Afrikaans columnist Kaptein Kortbroek welcomes Rassie back to the snakepit and wonders whether some of Ireland’s rugby scribes had a few whiskeys before kick-off.
COLUMN: Kolbe experiment part of World Cup trap?
Verskoon my as ek dalk so bietjie soos Naas klink, maar kan iemand asseblief net vir van die brasse daar in Dublin teen die oortjies klap en laat weet dat die World Cup eers in 2023 gewen word?
Net ‘n suiplap sou na daardie oorwinning skiem sy span is tops. Ek meen vra vir Toks, ek sien hy is nou gechop.
Die media daar gaan tekere soos ‘n trop Boksburgbrekers wat nounet met ‘n sak happy pille by H2O Summer Splash gesluk het. Hulle skiem ook hulle is Vernon Koekemoer se snor, so kom ek bars sommer gou die bubble vir diè mannetjies: Die luck van ‘n four-leaf clover plantasie gaan julle nie help om ‘n World Cup te wen nie. Raak rustig.
Daar is ‘n lig daar voor, en trust my boys, die party is oor. Daar was nie een oomblik tydens die 80 minute op Aviva wat ons gedink het – shit, die Bokke speel nou teen legends nie.
So van partie gesels, Rassie sin was so lekker soos snoekbraai op Tietiesbaai.
Ek wonder egter hoeveel ouens het al ‘n birthday partie in ‘n gepakte Dublin stadion beleef?
Rassie het presies daardie voorreg gehad en wat dit even cooler maak is die feit dat hy na die tyd ‘n paar biere saam met die beste rugbyspan in die heelal gedown het.
What an absolute jol vir die Bok breier!
Geluk met die groot 50 Rassie en dankie vir dit wat jy al reeds vir wêreld rugby beteken het. Ons kon sien hoe die spelers hul alles gegee het om daai cherry op die koek te sit, maar in die geval is die verloor dalk ‘n gift that will keep on giving.
Dit vat groot klippe, selfs van die beste span in die heelal, om ‘n nuwe generaal en ook ‘n spul nuwe kombinasies teen die span wat bo aan die ranglys sit, uit te toets.
Daar is na hierdie eerste game op toer ook geen twyfel daarin dat die groep op enige dag enige span wat op die menu is vir lunch sal eet nie. Dus die rede waarom ek soms befok raak dat dit nie elke week gebeur nie.
Die aspek wat egter vir my uitgestaan het was die intensiteit waarmee die Bokke elke situasie benader het. Dit was ‘n klipharde game en daai mannetjies wat nooit in hul leeftyd ‘n tan sal kry nie het dit gevoel.
Goeie dônner die Bokke het hulle behoorlik gebash. Dit was toetsrugby soos dit hoort.
Die wedstryd was so hard Bono het glo na die game sy donkerbril vir die eerste keer in 24 jaar afgehaal. Dalk was dit om die bloedspatsels van sy landgenote af te vee, dalk was dit die trane, maar lanklaas het die Bokke met soveel woede (deursettingsvermoë) gespeel.
Na hierdie oefenlopie is die boodskap ook mooi duidelik vir elke teensander: Wen of verloor, jy gaan afkak – nes daai ou wat by H2O in sy dronkenskap op die verkeerde Datsun se bonnet ‘n kat geskiet het.
ALSO: Bok coach told ‘a blatant lie’
Photo: Sydney Mahlangu/BackpagePix
Picks – @mark_keohane and Zels predict that it will go down to the wire when the Boks clash with France in Marseille on Saturday. pic.twitter.com/Awe17qrjcF
— SA Rugby magazine (@SARugbymag) November 10, 2022