In his debut column on sarugbymag.co.za, KAPTEIN KORTBROEK celebrates the brute that is Malcolm Marx, Damian Willemse’s world-class tackle and kicking the All Blacks in their “klokke”…
Fikile Mbalula was heel moontlik die beste Minister van Sport wat hierdie land nog ooit gehad het. Hy het nou wel nie veel van rugby of enige sport geweet nie (die geen-kennis beleid van die ANC werk maar so) maar hy was passievol, grootbek en wel … ‘n bok vir sport.
Dit het toe ‘n bietjie langer gevat, maar uiteindelik het die Bokke daarin geslaag om die All Blacks, soos Mbalula jare gelede versoek het, te bliksem.
Die slag van Mbombela was die grootste pakslae in die moderne era, die lekkerste lekker sedert Jack Parow daai ‘Cooler as Ekke’ track gedrop het.
Dit was ‘n behoorlike skop in die klokke gewees en na dekades van sukkel is daar darem niks so lekker soos die wete dat ons nou die trendsetters is nie.
OK, daai klokke vergelyking was dalk ‘n ‘low(veld) blow’, so kom ons noem nou maar dit wat daar in Nelspruit gebeur het prentjiemooi.
Net so mooi is die feit dat manne soos Eddie Jones en Matthew Proudfoot wat ook daar was so bietjies-bietjies in hul broekies gepiepie het omdat hulle ook kon sien dat ons ten minste 10 punte op die veld gelos het.
‘n Paar kanse is nie benut nie. Feit soos ‘n koei. Maar dit beteken nie ons was enigsins ‘average’ soos wat die zabers van die New Zealand Herald dit beskryf het nie.
Daar was niks average aan Malcolm Marx se brute krag op by die afbreekpunte nie. Damian Willemse se try-saving tackle was meer world class as enigiets wat die All Blacks tydens die Foster-era gedoen het.
Dan wil ek my nie eers begin uitlaat oor ons stutte nie. Check, Jake White was lucky om tydens die laaste keer wat hy ‘n behoorlike span afgerig het ‘n Victor/Bakkies-combo tot sy beskiking te hê. So ‘n gelukkie tref nie elke afrigter nie. Wat Jacques Nienaber in sy vooraad stutte het is insane.
Pace, power en meer belangrik as enige iets anders (dankie vir hierdie Dobbo) deursettingsvermoë wat ‘n John Deere van elke Brakpan Datsun maak.
So, bliksem hulle asseblief weer en weer, Bokke.
*Kaptein Kortbroek is nie die beste nie, maar hy is beter as Baksteen.
Pic: @Springboks/Twitter