Disprins, a cream donut and a bloody mary made with brannas seems to have cured his babbelas, but KAPTEIN KORTBROEK isn’t sure walloping the Wallabies has cured the Springboks from blowing hot and cold.
Uit die blou van onse liewe hemel, ek is so trots op hierdie Bok-infused babbelas van my ek skink sommer nog een op die boys na daai kookwater rugby teen die Aussies. Well done, lads!
Dit het gevoel of hulle weer ‘n World Cup gewen het en die span het weer gelyk soos ‘n span wat in ‘n World Cup finaal behoort te speel. My barman voel seker of hy die lotto gewen het.
Die amper ongekende intensiteit waarmee die manne elke faset van die spel benader het, die straatbrak-mentaliteit waarmee elke los bal opgeraap is, die akurate hangskop wat vir ons nuutste spoedvraat (Canan Moodie) se eerste toets-drie gesorg het, die groot honger om in elke kontaksituasie ‘n Aussie te laat bloei – ja, al dié was ‘n besondere mooi dag vir rugby.
Die kreun van Nic White wat lekker vroeg gebloei het en Marika Koroibete wat voortaan sy arms in die tackle-situasies sal gebruik nadat Makazole Mapimpi sy tjank afgetrap het, het beslis vir ekstra drankies in daardie slukkie-klein glasies gesorg.
Welkom terug, Eben Etzebeth. Ek het die Rugby Championship se weervoorspelling gecheck en dit behoort voortaan PKs te reën soos dit daar in Sydney die geval was.
As ons eerlik is, moet ons besef dat dit wat voor die Bokke se stryd gebeur het net so mooi soos die sege was. Die tafel was deur die All Blacks gedek toe hulle die Pumas ‘n stuk of 10 rugbylesse geleer het. Dit was kommerwekkend mooi wat Foster se manne daar verrig het.
Niks soos ‘n vernedering op tuisbodem om die tier wakker te maak nie, nè?
Al hierdie gebeure oor ‘n kwessie van 160 minute se rugby laat my wel wonder hoe die wêreldrugby-landskap sou gelyk het as die Bokke nie in Adelaide en op Ellis Park vasgeval het nie.
Besef die Bok-breiers dat daardie geleenthede, veral die een op Ellis Park, nie gou weer oor hul pad sal kom nie?
Besef die spelers dat daar van hulle verwag word dat hulle, nes die Blitzbokke wat reeds daarin geslaag het, ook die dominerende span in die heelal behoort te wees?
Sure, ons maak almal foute, maar rugby is lankal nie meer ‘n amateursport wat vir die liefde van die saak gespeel word nie. Dis groot geld en in die Bokke se geval is die gemoedsrus van ‘n nasie ook aan hulle uitslae gekoppel.
My babbelas bewys dit.
Die verantwoordelikheid wat op die Springbokke se skouers rus is dus huge en in dié stadium is ons ondersteuners in ‘n love-hate-verhouding met ‘n span wat klaarblyklik bipolar is.
Die een week sonskyn en driëe, en die volgende week kan niemand ‘n fôkken bal vang nie.
Dit is byvoorbeeld fantasties om te weet dat Bok-leier Siya Kolisi weer daardie vuurvreter-flank in hom wakker kan maak, maar so probeer ek dink of daar ooit oor Richie McCaw gemoan is … en die antwoord is nee.
Om die beste in die wêreld te wees moet jy elke game die beste in die wêreld wees en dit is meer belangrik (vir my) as ‘n World Cup.
*Kaptein Kortbroek het al een keer saam met Virat Kholi gebraai maar nou is die tjommie by wie se huis dit was agter tralies. #saxonworldshebeen #sorrynotsorry