Waking up without a babbelas for a change, KAPTEIN KORTBROEK reflects on the Adelaide Annihilation and shows yellow to anyone lauding the Aussies for being superior on the day when, in fact, the Boks were so poor they would have lost to Japan’s reserve team.
For Faf sake, boys! Julle besef seker nie hoe hartseer hierdie Adelaide Annihilation werklik is nie. As jy wil weet hoe belangrik daardie plek in die psige van die Suid-Afrikaner is, vra vir Faf!
Die bra het in 2012 vir sewe uur en 46 minute in 34°C Durban-like humiditeit saam met vyf verskillende partners (waarvan een skaars kon hardloop) ‘n kookwater Aussie-boulaanval trotseer en so gesorg het dat die Proteas die game draw en uiteindelik die reeks beklink.
Dit was een van die yster-oomblikke in die geskiedenis van ons land en toe kom die Bokke.
Faf het na daardie kolfbeurt ons laat vergeet van al die vernederende toetse doer onder. Dit was hoe ons die Adelaide Oval wou onthou. Maar nee, die amper agt ure wat Faf Dup daar trotseer het, is die naweek met 10 minute van Faf wat in die koelkas sit, nadat hy die (pussy) kat se snor gekielie het, uitgewis.
Fine, die Bokke het verloor, dit gebeur, en dit was ‘n bitter pil om te sluk. Wat die slukproses egter bemoeilik het is die feit dat ek bietjies, bietjies in my mond begin kots het toe ek lees dat van ons ‘pundits’ die Aussies se drolle na die wedstryd begin pruim.
Dit was kwansuis “A Wallaby performance for the ages”. Nee, Tank, hierdie was ‘n total Bok implosion wat in die enjinkamer begin het en soos ‘n tweedehandse Uno Fire, net met rukke en stote spoed agterlangs opgetel het voordat dit heeltemal die pad byster geraak het.
Let’s call a spade a fokken shovel. Dit was pateties, Bokke. Soveel so dat ons baie moontlik as wêreldkampioene met die houtlepel van hierdie Rugby Championship af kan wegstap.
Kyk net wat het die Pumas met die All Blacks gedoen. Hulle het gedoen wat ons op Ellis Park moes gedoen het, maar ons was dalk net te nice.
Terug na die Adelaide Annihilation. Yes, ons weet die vlug Oz toe was vertraag, maar niks was so vertraag soos daardie eerste 10 minute van die game nie. Dalk het die Quantas-lugwaardinne iets in julle smoothies gegooi en almal het gietergat gehad? Vlieg in die vervolg eerder Emirates of Air Afghanistan of swem.
Daar is geen rede vir ons nasionale rugbyspan om in die voetspore van ons lugredery te volg nie. Ek het nog vertroue in die bestuur (al meng die regering in) en ons weet daar is meer as genoeg wêreldklas-spelers vir die Bok breiers om van te kies en te keur.
Dit wil egter voorkom of die een groot tekort in die span daardie basterbrak-mentaliteit oftewel killer instinct is. Dit is die tipe honger wat ‘n jong bul in ‘n span aanwakker.
Dalk is daar te veel TV advertensie-shoots en te min afkaksessies? Of dalk kort die Bokke ‘n Nic White wat bereid is om die respek van sy vrou, ouers, kinders, vriende en familie prys te gee, solank sy span net wen.
Nic White het deur hierdie opoffering gesorg dat die Bokke sonder Faf moes klaarkom en nes Bryce Lawrence wie se skelmstreke toegesien het dat hy ‘n nasionale held word, sal White se sokker-skouspel sorg dat hy ook ‘n Aussie-legende word.
White het egter nie die bal vir die Bokke in kontak verloor nie. Hy was nie Pollard se skopskoen nie en hy was ook nie deel van die Bok-leiers wat besluit het dat ons slegs van aanvallende lynstane af kan score nie.
Dit was die swakste innings in ‘n lang tyd en ek kry die idee dat ‘n paar nuwe besems ingespan sal moet word.
*Kaptein Kortbroek het al een keer by Ram Fest backstage saam met Jack Parow ‘n bottel brannas geklap.