When the Bomb Squad misfires the Boks lose their edge, our Afrikaans columnist KAPTEIN KORTBROEK investigates another squad system and gives his take on what the Springbok management team is likely to do to regain momentum.
Daar is geen twyfel dat hierdie ‘n merkwaardige groep Bokke is nie. Daar is klas reg deur die bank maar dit is asof daar iets in die mieliepap kort wanneer dit by die span se bestendigheid kom.
Dit is asof ons soms vergeet dat die wedstryd by die afbreekpunte gewen word. Of die wenresep raak suur wanneer een van die staatmakers nie sy beste lewer nie. Ôf is dit ‘n geval van manne wat soos Jet Setters in ‘n over-priced flat in Gordon’s Baai gaan lê nadat hulle die vyand die vorige week uitoorlê het?
Dan is daar die argument dat die dae van wêreld dominansie verby is. Dalk is dit meer ‘n geval van manne wat daarop moet fokus om die basics so 20% beter te doen.
Hoe dit ookal sy, daar is ‘n squad waarna die Bokke gerus meer kan luister.
So met die 5-3 bench vergeet vir ‘n oomblik van die Bomb Squad en check bietjie die Brom Squad uit.
Hierdie squad hou die spel al vir ‘n leeftyd fyn dop, weet wat dit verg om bekers te wen en kan met ‘n paar druppels ink ‘n nasie se gevoel oor die span beinvloed.
Hulle het reeds deur 7-biljoen ure se rugby geleef en dus die reg verdien om die bal wyd te vat – nie soos sekere van ons wat nog ietwat nat agter die ore is nie.
Ek het die afgelope week of so van die manne in die Brom Squad se woorde ter harte geneem en daar is geen twyfel dat hulle die spyker op die kop slaan nie.
Die Brom Squad verwag beter van ‘n groep wat nou al sedert 2018 saam is ek is seker die Brom Squad sal aanhou brom tot daar bestendigheid is.
Ironies genoeg verdedig hierdie selfde Brom Squad die spelpatroon wat so deur die jaloerses in Kiwi Land gekritiseer word.
Die Brom Squad bestaan uit ‘n handjie vol opinionistas (gryskop rubriekskrywers) wat reeds diep spore in SA Rugby getrap het. Hulle was daar toe John Smit die World Cup in 2007 gelig het, hulle was beslis teenwoordig toe Siya se soldate dit in 2019 gedoen het en van hulle was selfs daar toe Pienaar en Madiba blad geskud het.
Hulle brom behoorlik oor ‘n paar kern probleme wat daartoe bydra dat die Bokke nie tot hul volle potensiaal speel nie en met die maak hulle hulself ook oop aan aanvalle van ‘n heel ander squad.
Ja die Dom Squad leef hul uit op die interwebs waar dit veilig is want hulle het nou al Laerskool Sonneblom se Onder-9 span afgerig en ken die inner workings van Toets rugby mos goed, mos.
Wat sal dan die Brom Squad gelukkig maak? Ek reken ‘n Bok Squad wat ten minste 70% van sy wedstryde wen. Een wat jong spelers meer geleenthede bied en werklik daardie stappie voor die res bly.
Die Springbokke behoort die trendsetters te wees…
*Kaptein Kortbroek het al een keer vir Sean Fitzpatrick ‘n koffie geskink terwyl Hugo Porta besig was om met die jongspan te gesels.