There’s nothing like a record victory over the All Blacks to give a team a big head, and the Springboks paid a heavy price for their complacency at Ellis Park, writes our Afrikaans columnist KAPTEIN KORTBROEK.
Ons het almal gehoop dat Nienaber se manne die golf bietjie langer sou ry, maar daar bars die bubble toe voor ‘n stampvol paviljoen. Pappa moes vir 80 minute stress oor sy span terwyl hy ook moes worry of hy sy kar na die game gaan kry.
Meer as ‘n paar pappas het baie kwaad gaan doeks, want as dit nie die ref is wat ons beroof nie, is dit een of ander dief in die nag naby Joburg Stadium.
So gepraat van messe, lyk dit asof die Kiwi-media skielik hul messe wat so mooi vir Foster geslyp was, netjies in hul tassies gepak het.
So gepraat van Foster, Foster’s Lager en die opblaas ‘slippy-slide’ van vliegtuie is dalk die enigeste goeie goed wat nog ooit uit Australië gekom het.
(In 1965, Jack Grant, an employee of Qantas, invented the inflatable aircraft escape slide, which is now mandatory safety equipment on all major airlines. The slides can also be used as a flotation device if the aircraft lands on water.)
Terug in die land van biltong en korrupsie … daar was ‘n paar dinge wat nie in die Bokke se guns getel het nie. Tog was die reality check nodig. Ek meen toe daardie Fly Safair nommertjie oor die paviljoen gevlieg het, het ek meer aan die totale ineenstorting van SAL, Eskom en die SABC gedink as die glorie van 1995.
Meteens het die pennie ook gedrop dat, gegewe die politiek en aard van hoe die spel ontwikkel het, is die gedagte dat die Springbokke, soos die All Blacks, wêreldrugby sal oorheers ook dalk meer ‘n droom as enigiets anders.
Wat Bok-hartjies bly behoort te maak is die wete dat ons wel die span vol brekers is – al is ons spel so voorspelbaar soos dié van ‘n Benoni bokkie wat drie tequilas en ‘n Smirnoff Storm geklap het.
So, sonder om te hoes, poep of skinner kan Bok fans daarna uitsien dat ons oor die volgende paar weke, na agt jaar, ons droogte in Australië sal breek – nie omdat die Aussies noodwendig swak is nie, maar eerder omdat die wet van die Springbok roulette-stelsel net so werk.
Dit mag dalk eers in Sydney gebeur, maar as jy die groter prentjie in gedagte hou, maak dit nie regtig saak nie.
Al verloor die hulle elke liewe wedstryd van hier af tot aan die einde van die jaar, sal daardie Mbombela sege steeds as een van die beste oomblike in Springbok rugbygeskiedenis onthou word.
Nienaber se troepe het die All Blacks verneder. Die woord is verneder, so moenie dat Aaron Smith jou vir ‘n pop vat met die highlights reel wat hy gepost het nie. Daai boudjies brand nog.
Foster en Kie op alle aspekte in die Nelspruit wedstryd uitoorlê en dit, broers en susters – ja, presies daardie gevoel – sal as motivering vir die span op ‘n belangriker podium gebruik word.
Dit is nou deel van die Bokke se ‘muscle memory’ al het ons ‘n week daarna die pap op die grond laat val.
*Kaptein Kortbroek eet soms van die vloer af